Skip to Content

Sport

Sportfasiliteite:



Somersport:

Atletiek:        Veld items: Diskus, Spiesgooi, Gewigstoot, Vêrspring, Hoogspring.

Baan items: Kort afstande en Langafstande.

Krieket: o/11 en o/13.

Mini-Krieket: o/6, o/7 en o/9.

Tennis: Ons het sterk tennis spanne, beide dogters en seuns.

Buitemuurs: Judo, Gimnastiek en perdry.


Wintersport:

Rugby: o/7, o/9, o/11, en o/13.

Future Kings: o/6, o/7, o/8 en o/9.

Netbal: o/7, o/8, o/9, o/10, o/11, o/12 en o/13.

Die winter program word so uitgewerk sodat leerders nie hoef te kies tussen sport soorte nie, maar aan beide kan deelneem.


Sportreëls:

  • Leerders moet alle oefeninge en sportbyeenkomste bywoon van sportsoorte waarvoor hulle aan die begin van die seisoen aangemeld het. Alle verskonings moet voor die tyd, persoonlik by die betrokke afrigter gemaak word. Indien meer as een oefening gemis gaan word, moet ‘n skriftelike verskoning ingedien word.
  • Geen fasiliteite of toerusting mag sonder toestemming en toesig gebruik word nie.
  • Deelname aan skoolsportsoorte moet voorkeur bo alle individuele, privaat sportsoorte kry.
  • Leerders moet korrekte sportdrag en onderklere (veral die groter dogters) na byeenkomste en oefeninge dra.
  • Leerders moet een winter- en een somersport doen tensy mediese sertifikaat gewys kan word.

Sportdrag:

  •       Bestaan uit ‘n sweetpak en die atletiekbroekie en hempie wat nogsteeds afsonderlik gekoop word by Coreen de Lange.
  •       Rugby- en netbalklere is by onderskeie afrigters beskikbaar.
  •       Indien u nog enige vrae het, is u welkom om ons skool te kontak.