Skip to Content

Tuis

Boodskap van die Hoof:

 Hartlik welkom by Laerskool Gamtoosvallei se webtuiste. Ons is ’n trots Afrikaanse skool met ’n ryk geskiedenis.

Ons skool is geleë in die hartjie van die pragtige Gamtoosvallei en maak voorsiening vir leerders wat hoofsaaklik van Patensie en Hankey kom. Sedert die skool se bestaan 114 jaar gelede het die  skool ontwikkel  tot ’n leierskool in die Kougastreek. Laerskool Gamtoosvallei het tydens hierdie tydperk uitgeblink op verskeie terrreine.

Die skool se etos rus op vier pilare naamlik: geestelik, akademie, sport en kultuur. Ons kan met trots sê dat al vier pilare in ons skool sterk staan. Sonder die baie goeie samewerking en ondersteuning van al ons ouers sou die skool nie sy doelwitte ten volle kon realiseer nie.

Met ons oë op God gerig, vat ouers, onderwysers en kinders by Laerskool Gamtoosvallei hande en mik steeds hoër, soos ons leuse dit stel.


Skoolkwartale van 2021 (voorlopig):


27 Januarie (1
5 Februarie) - 23 April

03 Mei - 09 Julie

26 Julie - 01 Oktober

11 Oktober - 15 Desember


Tel: 0422830246  |  E-pos: admin@lsgamtoos.co.za  |  Faks: 0422830992


Vir meer inligting in verband met die huidige Covid-19 pandemie, gaan asseblief na die volgende webtuiste: https://sacoronavirus.co.za/

Laai ons kwartaalprogram af:

Datums:  Kwartaal 1, 2021

Maak seker van ons skooltye:

Skooltye 2021

Laai vorige vraestelle af:

 Laai ons Jaarverslag af (2020):

Amptelike Jaarverslag 2020

Volg ons gerus op Instagram:
Volg ons op Facebook:
It takes a village to raise a child......Wat is 'n skool sonder betrokke ouers?Baie dankie aan Ghoenang vir gif, Boerie vir kunsmis en Wimpie vir die strooi daarvan. Ons rugbyveld is reg vir 2022 se sport! 🏃‍♂️🏉 ... See MoreSee Less
View on Facebook